ACSA verwelkom nuwe roetes

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê hy verwelkom die nuwe vlugroetes en bykomende vlugte na verskeie van sy lughawens, veral terwyl die land in Oktober Vervoermaand vier. Air Botswana se eerste vlug tussen Gaborone en Durban vind volgende Vrydag plaas met ʼn regstreekse vlug na King Shaka Internasionale Lughawe. ACSA se woordvoerder, Ernest Mulibana, sê van een November af stel British Airways ook meer vlugte in tussen Kaapstad Internasionale Lughawe en Heathrow-lughawe in Londen: