ACFE Namibië sê bedrog die stryd aan
Namibië het ‘n beslissende stap geneem om bedrog te bekamp met die stig van ‘n plaaslike afdeling van die Vereniging van Gesertifiseerde Bedrogondersoekers, of ACFE. Die vereniging is ‘n globale leier in teen-bedrog opleiding en sertifisering, en het ten doel om Namibiese professionele persone te bemagtig om die groeiende bedreiging van bedrog aan te spreek. Dit is veral belangrik in die lig van Namibië se plasing op die Finansiële Aksie Taakmag se gryslys. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lehana Nel, die president van ACFE Namibië, wat uitbrei.