Ace, Zuma span saam vir verkiesing

Die buurland se African Congress for Transformation-party het sy alliansie aangekondig met die uMkhonto weSizwe-party in die aanloop tot die algemene verkiesing. Die partyleier van ACT en voormalige sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, het die samewerking bevestig tydens stemwerwing in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal. Magashule sê die vennootskap behels samewerking met die MK-party, wat gesteun word deur oud-president Jacob Zuma.