Ace Magashule uit ANC geskop

Die ANC se nasionale dissiplinêre komitee het die verwydering van die voormalige sekretaris-generaal, Ace Magashule, bevestig. Die woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê die komitee het hom skuldig bevind aan die oortreding van die party se reëls en grondwet. Hy is ook skuldig bevind dat hy die party in oneer gebring het ná sy nie-goedgekeurde poging om President Cyril Ramaphosa te skors, en versuim het om om verskoning te vra, ondanks ‘n opdrag van die party om dit binne sewe dae te doen. Die ANC sê die besluit is finaal.