Ace is nie ontsteld oor skorsing nie

Ace Magashule sê hy is nie ontsteld omdat die ANC hom uit die party geskop het nie. Die party se voormalige sekretaris-generaal is geskors omdat hy nie ‘n sperdatum van sewe-dae gehaal het om te verduidelik waarom hy nie uit die party geskop moet word nie. Magashule hou vol hy het die regte ding gedoen om in 2021 die party se president, Cyril Ramaphosa, te probeer skors. Hy sê hy sal volgende week ‘n nuuskonferensie hou om aan te kondig of hy van plan is om die saak te betwis: