ACDP sê hy staan alleen

Die ACDP se adjunk-president, Wayne Thring, sê die leierskap het besluit om nie by die regering van nasionale eenheid aan te sluit nie. Thring sê die ACDP se leiers het onlangs met verteenwoordigers van die ANC ontmoet en is die geleentheid gebied om by die nuwe regering aan te sluit. Hy sê in hulle bi-laterale vergadering het hulle ook oor ‘n nasionale dialoog gepraat.