Access Bank kry voorlopige lisensie

Access Bank Namibia is ‘n voorlopige lisensie deur die Bank van Namibië toegestaan. Kazembire Zemburuka, die Bank van Namibië se woordvoerder, sê Access Bank is ‘n magtigingstydperk van ses maande toegestaan om aan al die nodige voorwaardes te voldoen voordat dit ‘n volle lisensie kry. Volgens hom kan Access Bank dalk ‘n magtigingsertifikaat kry sodat hy formeel met bankaktiwiteite kan begin, indien die bank binne die toegelate ses maande aan die vereistes voldoen. Kosmos 94.1 Nuus het met Zenburuka gesels, wat verduidelik.