ABS-riglyne sal hulpbronne volhoubaar bestuur, gemeenskappe bemagtig

Namibië het die volhoubare bestuur van biologiese en genetiese hulpbronne versterk deur die instelling van nuwe Toegang en Voordeel-deling, of ABS-riglyne, sowel as ‘n aanlyn permitstelsel. Dit het ten doel om die volhoubare gebruik van genetiese hulpbronne te verseker, wat plantvariëteite, diererasse, mikroörganismes en meer insluit. Dit sal ook plaaslike gemeenskappe bemagtig om ekonomiese voordeel uit sulke tradisionele kennis te trek. Namibië voer onder andere meer as 90 persent van die wêreld se duiwelsklou uit. ABS-riglyne reguleer toegang tot hierdie hulpbronne deur te verseker dat gebruikers permitte kry en instem tot voordeel-deling ooreenkomste, veral met die gemeenskappe wat dit tradisioneel beheer het.