Aborsie in Franse grondwet verskans
Frankryk het die eerste land in die wêreld geword wat aborsie ʼn grondwetlike reg maak. Uit 925 parlementslede het 780 die wysiging gesteun wat vroue die vryheid verseker om ʼn aborsie te kies. Twee-en-sewentig het daarteen gestem. President Emmanuel Macron beskryf die uitslag van die stemmery as Franse trots en sê dis ʼn nuwe vryheid wat in die grondwet gewaarborg word. Macron sal Vrydag op Internasionale Vrouedag ʼn seremonie bywoon om die grondwetlike wysiging te finaliseer.