Aberg maak sy debuut by RyderbekerSeptember 5, 2023
Ludvig Aberg van Swede maak sy Ryderbeker-debuut vir Span Europa nadat hy aangewys is as een van Luke Donald se ses kapteinskeuses. Die 23-jarige speler het in Junie die beroepsveld betree en Sondag die Europese Meesters in Switserland gewen. Tommy Fleetwood, Sepp Straka, Justin Rose, Shane Lowry en Nicolai Hojgaard is ook vir die 12-man-span gekies wat in Rome teen Amerika te staan kom. Donald sê hy is baie tevrede met sy span en vol vertroue dat hulle weer die Ryderbeker kan wen: