Aartsbiskop Makgoba doen skietstilstand-beroep op Israel, Hamas
Die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad en president van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, Thabo Makgoba, doen ‘n beroep vir ‘n onmiddellike skietstaking in Gaza. Makgoba het die Paasdiens in St George’s katedraal gelei. Volgens die Palestynse gesondheidsdepartement het minstens 82 mense oor ‘n 24-uur tydperk in Gaza gesterf, wat die totale sterfgevalle sedert 7 Oktober op 32 705 te staan bring. Makgoba sê met soveel lewens vernietig, lyk gister se Opstanding baie ver weg.