Aartappels SA tevrede met gehalte

Die bedryfsliggaam, Aartappels SA, is tevrede met die gehalte van die aartappels wat tans in dele van die land geoes word. Dit is tans die oesseisoen in verskeie streke, soos die Wes-Kaap, die Oos-Vrystaat, die Noord-Kaap, KwaZulu-Natal, Noordwes en die Noordoos-Kaap. Voldoende reënval in die Oos-Vrystaat het gelei tot aartappels van goeie gehalte met gemiddelde tot onder-gemiddelde opbrengste. Alhoewel die gehalte van die aartappels ‘n beduidende faktor in prysbepaling is, is daar ‘n mate van onsekerheid oor die pryse oor die volgende drie maande.