Aanvalle op regspersoneel sal nie geduld word nie
Die buurland se justisie-departement het die EFF-leier Julius Malema se aanval op landdros Twanet Olivier by die Oos-Londen-landdroshof in die Oos-Kaap ten sterkste veroordeel. Malema het ondersteuners Donderdag buite die hof toegespreek nadat hy sy aansoek verloor het om wapenaanklagte teen hom te laat vaar. Hy het Olivier, die voorsittende beampte, beskuldig dat sy deur president Cyril Ramaphosa en die ANC gekaap is. Die ministerie se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê dis onaanvaarbaar om sensasiesoekende samesweringsteorieë teen regsamptenare te verkondig: