Aanvalle op Jode in Amsterdam ontketen herrie
Amsterdam het betogings vir drie dae vanaf Vrydag verbied ná aanvalle op Israeliese sokkerondersteuners deur wat die burgemeester Femke Halsema “antisemitiese tref-en-trap-groepe” genoem het, en Israel het vliegtuie na Nederland gestuur om aanhangers huis toe te vlieg. Onlustepolisie het ingegryp het om hulle te beskerm met minstens vyf mense wat in die hospitaal behandel is. Maar, daar is kritiek teenoor Halsema uitgespreek omdat die aanvalle gevolg het op die Israeliese ondersteuners wat Palestynse vlae afgeruk het en liedere gesing het wat rassisties teenoor Arabiere is.