Aanval op Krim-hawestad tref 4 brandstoftenks

’n Hommeltuigaanval het vanoggend ’n brand by ’n brandstofbergingsfasiliteit in die Krim-hawestad Sevastopol veroorsaak. Volgens die Russiese goewerneur Mikhail Razvozhaev is niemand beseer nie. Hy sê vier brandstoftenks is getref en het ‘n groot brand veroosaak wat onder beheer gebring is. Sewastopol, op die Krim-skiereiland wat Rusland in 2014 van die Oekraïne geannekseer het, het onder herhaalde lugaanvalle gekom sedert Rusland die Oekraïne in Februarie 2022 binnegeval het.