Aanval op Johannesburg brandbestryders sterk veroordeel

Die Stad Johannesburg se noodbestuursdiens het ‘n aanval op drie brandbestryders in Eldoradopark se uitbreiding drie veroordeel. Die diens se woordvoerder, Robert Mulaudzi, sê die brandbestryders het op ʼn brand gereageer toe hulle ʼn groep gemeenskapslede teëkom wat oor dienslewering betoog. Hy sê hulle het die brandweerwa met klippe bestook en drie brandbestryders beseer wat inderhaas hospitaal toe geneem is.