Aanstellings van geskoolde arbeid styg in SA landbousektor

AgriSA sê dit is bemoedigend dat die aanstelling van geskoolde arbeiders in die landbousektor met 18 000 toegeneem het van 45 000 tot 63 000. Hierteenoor het alle aanstellings op ‘n jaar tot jaar grondslag met 21 000 gestyg. Dit is vervat in die jongste Kwartaallikse Arbeidsmag-opname vir die derde kwartaal vanjaar. In die Oos-Kaap is 25 000 poste gevul, gevolg deur die Wes-Kaap met 12 000. Christo van der Rheede van AgriSA sê die land se werkloosheidsyfer wat tot 34,9 persent geklim het, is kommerwekkend.