Aanstelling van uitvoerende hoof van Erongo Red teruggetrek

Die aanstelling van Immanuel !Hanabeb as nuwe hoof uitvoerende beampte van Erongo Red word deur die direksielid Irene Simeon-Kurtz teruggetrek. Sy sê in ‘n brief aan die direksie en lynministeries sy is verbaas oor die voortydige aankondiging van !Hanabeb se aanstelling in plaaslike media, nadat sy die raad gewaarsku en aanbeveel het om om nie voort te gaan met die aanstelling van die nuwe hoof uitvoerende beampte nie. ‘n Korrupsiesaak is by die Teenkorrupsie Kommissie geopen om dit te ondersoek. Simeon-Kurtz sê sy het rede om te glo dat ongerymdhede plaasgevind het met die werwingsproses vir ‘n nuwe uitvoerende hoof en dat die besluit, om Hanabeb aan te stel, nie in ooreenstemming met die vereiste bepalings van die maatskappy se werwings- en keuringsbeleid en/of reëls is nie.