Aansoeke vir grond, erwe styg skerp in Lüderitz 

Die makelaarsfirma Simonis Storm het ‘n ontleding van eiendomme en aansoeke daarvoor vir Lüderitz gedoen. Die dorpie groei vinnig as gevolg van die ontluikende oliebedryf sowel as groen-waterstof. Aansoeke vir grond deur ontwikkelaars het aansienlik gegroei met 38 in 2021 vergeleke met 74 verlede jaar. Aansoeke vir behuising het ook gegroei met 50 in 2020 tot 123 in 2023. Tot dusver is daar net 16 aansoeke vanjaar aangeteken. Aansoeke vir grond in informele nedersetting het na 2022 heeltemal gestaak.