Aansoeke vir dobbellisensie met nóg ses maande uitgestel

Die Namibiese omgewingsministerie en die Dobbelraad het wéér die aansoeke vir dobbellisensies met nóg ses maande uitgestel. Dobbelmasjien-operateurs moes Dinsdag hul aansoeke vir lisensies indien, maar die grasietydperk is nou verleng tot 31  Augustus. Daar was onduidelik oor ‘n aantal klousules in die wetsontwerp oor dobbelary-beheer wat die registrasieproses vir ongeregistreerde dobbelmasjiene en –operasies behels.