Aansoeke sluit vandag vir Mej. Namibië

Aansoeke vir die Mej. Namibië en Mej. Tiener Namibië sluit vandag. Diegene wat in die voetspore van huidige titelhouers Cassia Sharpley en Zoe Karsten wil volg, word versoek om ‘n aansoekvorm op by nbc.na af te laai vir beide skoonheidskompetisies. Aansoekvorms is ook by die uitsaaier se hoofkantoor in die hoofstad beskikbaar. Vir Mej. Tiener moet aansoekers tussen die ouderdom van 15 en 19 wees, en vir Mej. Namibië, 19 tot 28. Die aansoekfooi vir Mej. Namibië 850 Namibiese dollar en 700 dollar is betaalbaar vir Mej. Tiener Namibië.