Aansoek vir olie-eksplorasie by Oshivelo word vandag ingedien

MEL Olie- en Gas-eksplorasie se aansoek vir ‘n omgewing klaringsertifikaat vir ‘n twee-dimensionele seismiese opname in die gebied van sy petroleum eksplorasie lisensie, PEL 93, op die noordoostelike hoek net buite die Etosha Nasionale Park, sal vandag ingedien word. Die maatskappy, wat in die Verenigde Koninkryk geregistreer is, is op soek na olie en gas. Die maatskappy sê daar is drie gebiede van belang… noordoos van Oshivelo in ‘n gebied van 151 kilometer, Noord van Oshivelo in ‘n gebied van 108 kilometer en Suid van Oshivelo in ‘n gebied 317 kilometer. Lede van die publiek kon tot 18 Maart aansoek gedoen het om as belanghebbendes geregistreer te word. Omgewingskenners het bevestig dat seismiese opnames nie ‘n impak op wildlewe het nie.