Aanlynkopers moet tydens feesseisoen waak teen swendelaars

Die feesseisoen gaan elke jaar gepaard met ‘n styging in misdaad. Dit sluit kubermisdaad in. Verbruikers word gemaan om versigtig te wees vir swendelaars wat aanlynkopers teiken, asook dié wat besige winkelsentrums besoek. Die hoof van bedrogstrategie by Absa Kleinhandel en Sakebankdienste, Ulrich Janse Van Rensburg, sê sindikate en swendelaars is uitgeslape en wil jou geld hê.