Aanlyn-materiaal oor seksuele misbruik van kinders in die visier

The inligtingsministerie en LifeLine/ChildLine Namibia het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken om bewustheid van die Nasionale Verslagdoeningsportaal te versterk. Dit is vir die aanmelding van aanlynbeelde en video’s van seksuele misbruik van kinders. Die memorandum is geskep in terme van die Nasionale Kubersekuriteitstrategie en -bewusmakingsplan 2022 – 2027 wat deur die kabinet vir implementering aanvaar is. Dit is ‘n publieke-private vennootskap tussen die regering, Unicef, die Internet Watch Foundation, Salt essential IT en Lifeline/Childline Namibia. Die uitvoerende direkteur van die inligtingministerie, Audrin Mathe, het by die geleentheid gepraat.