Aanlyn-kursusse vir entrepreneurs ‘nie maklik in Namibië’

Die jeug en werklose mense in die buurland kan gebruik maak van ʼn reeks gratis aanlyn kursusse wat daarop gemik is om mense se kennis oor entrepreneurskap en sake-projekte uit te brei. Die kursus word in twee dele aangebied, waarin mense onder meer kan leer hoe om ‘n besigheid te begin, deeglike verslae op te stel en met rolspelers te onderhandel. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, gesels wat sê so ‘n inisiatief sal ongelooflik wees vir Namibië en die jeug, maar daar sal uitdagings wees.