Aanlyn bedrogspul in verband met arbeidsminister
Daar is ‘n bedrogspul op Facebook onder ‘n rekening genaamd “Nujoma Utoni”, wat nie die profiel van Namibië se arbeidsminister is nie. Die bedrieër doen hom voor as die minister en vra lede van die publiek om hul persoonlike besonderhede te deel. Die arbeidsministerie doen ‘n beroep op die publiek om sulke boodskappe te ignoreer en onmiddellik te skrap. As jy reeds jou besonderhede gegee het, moet jy dit by die betrokke owerhede aanmeld en stappe doen om jou persoonlike inligting te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jeremiah Namalenga, die arbeidsministerie se woordvoerder, wat meer besonderhede gee.