Aankondiging op pad oor boorwerk op Nara 1X-put

Die jongste berigte lui dat TotalEnergies sy boorwerk op die Nara 1X-put voltooi het en volgens Upstream Online word ‘n aankondiging enige dag verwag. Daar is hoop dat dit weer ‘n reuse-ontdekking kan wees omdat die put ongeveer 23 kilometer noordwes van die uiters suksesvolle Venus-put, wat ongeveer 5 tot 6 miljard vate ru-olie bevat, geleë is. Die Franse oliemaatskappy het in Junie vanjaar boorwerk aan Nara begin op ‘n diepte van 3 000 meter, dieselfde as wat by Venus geboor is.