Aandklokreël in Niger na massa-ontsnapping
Verskeie aangehoudenes het ontsnap uit ‘n hoë-sekerheidstronk naby die hoofstad van Niger, Niamey, wat ‘n aandklokreël tot gevolg gehad het. Die ontsnapping uit die Koutoukale-gevangenis het Woensdag gebeur. Die Binnelandse Sake-ministerie van Niger het plaaslike sekerheidsmagte in ‘n radioboodskap gevra om waaksaamheid te verhoog, sonder om te sê hoeveel voortvlugtiges daar is. Die lang en onbestendige grensgebied van Niger, Mali en Burkina Faso is geneig tot aanvalle deur rebelle met bande met die Islamitiese Staat- en Al-Qaeda-groepe. Die Koutoukale-gevangenis is onlangs twee keer aangeval.