AA voorspel effens laer SA petrolpryse in Desember
Die Outomobiel Assosiasie sê Suid-Afrikaanse motoriste kan in Desember ‘n mengelmoes in brandstofprysaanpassings verwag. Die AA se woordvoerder, Eleanor Mavimbela, sê huidige ongeouditeerde data vanaf die Sentrale Energiefonds dui op ‘n daling in petrolpryse, met aansienlike stygings in diesel- en lampoliepryse. Sy sê volgens afleidings van die data sal die prys van loodvrye 95-oktaan-petrol met ongeveer vyf-sent-per-liter daal en loodvrye 93 ‘n geraamde 16-sent-per-liter.