AA voorsien effense styging in brandstofpryse

Ongeouditeerde brandstofdata van die buurland se Sentrale Energiefonds dui op moontlike stygings in alle grade brandstofpryse in Februarie, behalwe vir paraffien. Die Automobielvereniging sê verbruikers kan ‘n effense toename van sowat 11 sent per liter vir ULP95, 14 sent per liter vir ULP93 en 9 sent ‘n liter vir diesel verwag. Paraffien toon ‘n effense afname van ongeveer 3 sent ‘n liter. Die AA sê egter dit is middel-maand data en die vooruitsig sal waarskynlik verander voor die amptelike aankondiging.