AA verwag brandstofprys gaan val

Die Automobiel-Assosiasie in die buurland sê die nuwe jaar kan positief vir motoriste begin met aansienlike verlagings in die brandstofprys. Volgens ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds verwag die AA ‘n daling van ongeveer 68 sent per liter vir 93-oktaan petrol en 82 sent vir 95-oktaan. Diesel behoort met ongeveer een Suid-Afrikaanse rand 50 sent per liter te daal en paraffien met sowat een rand 42 sent. Die vereniging skryf die verlagings toe aan laer internasionale produkpryse, wat verligting aan verbruikers bied en vakansiegangers bevoordeel deur die koste van die rit huis toe te verminder.