AA sê sukkelende spoor plaas druk op padnetwerk

Die Automobiel-Assosiasie sê Suid-Afrika se sukkelende spoornetwerk plaas ʼn swaar las op die land se paaie. Meer as 900 miljard Suid-Afrikaanse rand is vir die volgende drie jaar opsy gesit vir die herstel van die gebroke padinfrastruktuur maar die AA glo indien die spoornetwerk nie verbeter nie, sal alles pure verniet wees. Die woordvoerder van die AA, Layton Beard, is besorg indien die kwessie nie opgelos word nie, sal dit steeds ʼn verwoestende uitwerking op die ekonomie hê: