AA sê brandstof sal styg in SA 

Die Automobiel-Assosiasie waarsku die reeks brandstofprysverlagings die afgelope vyf maande gaan in November tot ʼn einde kom. Op grond van data van die Sentrale Energiefonds voorsien die AA marginale stygings teen 14-sent per liter vir loodvrye petrol van 95-oktaan, 3-sent per liter vir 93-oktaan en tot 14-sent per liter vir diesel. Woordvoerder Eleanor Mavimbela sê die styging word genoodsaak deur hoёr internasionale produkpryse en ʼn verswakkende rand: