DA wys Msimange aan as Gauteng premierskandidaat

DA-leier John Steenhuisen het aangekondig Solly Msimanga is die party se premierskandidaat vir Gauteng in volgende jaar se verkiesing. Msimanga is ‘n voormalige burgemeester van Tshwane en die huidige leier van die DA in die provinsie. Hy sal die veldtog lei om Gauteng se eerste DA-premier te word. Volgens Steenhuisen is eenheid van kardinale belang om te verhoed dat ’n oordeelsdag-koalisie tussen die ANC, die EFF en die Patriotic Alliance Gauteng beheer. Hy het kiesers versoek om agter die DA te verenig vir ‘n stabiele en voorspoedige toekoms.