Motorverkope neem af van vorige maand

Cirrus in die hoofstad het die jongste voertuigverkope bekend gemaak. Daar is 1 094 eenhede in Augustus verkoop wat ‘n groei van 4,1 persent om ‘n jaargrondslag verteenwoordig maar, ‘n inkrimping van 13,2 persent op ‘n maandelikse basis aandui. Daar is 1 320 voertuie in Junie verkoop en 1 260 in Julie. Die verkoop van huurmotors het volgens die makelaarsfirma ook gedaal terwyl meer kommersiële voertuie as passasiersvoertuie verkoop is.