Menzies se vrag by lughawe steeds nie afgelewer

Die Namibiese Lughawensmaatskappy sê NamRA het ingetree in die chaos met Menzies Aviation se vrag wat nog in sy pakhuis by die lughawe is. NamRA sal volgens die lughawensmaatskappy die vrag namens Menzies aflewer maar daar is vertragings, soos die maatskappy se woordvoerder Dan Kamati verduidelik.

TERUG: Volgens ‘n verklaring deur die maatskappy is daar met Menzies bepleit om Dinsdagmiddag sy pakhuis oop te sluit. Dit het nie gebeur nie en die hoop is dat dit vandag sal plaasvind maar, dit blyk om ook te misluk.