Swakopmund tree in gesprek met pensioenarisse met uitstaande skuld

Bejaardes op Swakopmund het nou die geleentheid om in gesprek te tree met die munisipaliteit oor uitstaande skuld. Pensioenarisse kan amptelike of polisieverklarings indien met redes vir die probleme wat hulle het om hul skuld te betaal. Die raad sê hy is steeds daartoe verbind om vriendskaplike oplossings te vind vir die vereffening van uitstaande rekeninge. Linda Mupupa, skakelbeampte van die Swakopmund-munisipaliteit het die besonderhede.