Vrae ontstaan na krokodil-aanval

Nuusagentskappe berig dat die liggaam van 7-jarige Rosvitha Mukerengu, wat verlede week Donderdag deur ‘n krokodil in die Okavango-rivier gevang is, gevind is. Kosmos 94.1 Nuus het oor die voorval berig met kommentaar van inwoners dat die meisie nie in die rivier gebad het nie maar eerder daar gespeel het omdat haar nedersetting van water voorsien word deur middel van boorgate. Daar is ook vrae oor die feit dat haar liggaam gevind is, met net bytmerke op haar regterbeen en haar regtersy. Die Nyl-krokodil is nie normaalweg territoriaal nie en as hy ‘n mens aanval dan vreet of die hele liggaam of dele daarvan.