Alle oë op olie, SARB vir komende maande se inflasie
Inflasie is op 4,7 persent in Augustus gemeet maar kenners meen dat dit in die komende maande kan styg as gevolg van die hoër olieprys wat brandstofpryse sal opstoot. Vervoer beslaan 18,25 persent van die plaaslike verbruikersmandjie. Simonis Storm sê dat daar by die onlangse vergadering van die Monetêre Beleidskomitee van die sentrale bank ‘n voorstel was vir ‘n 25 basispunt-verhoging. Sou vervoerkoste styg kan daar moontlik in Oktober ‘n verhoging in die repokoers aangekondig word. Maar, daar sal meer duidelikheid wees wanneer die buurland se sentrale bank op 21 September sy besluit oor die repokoers maak.