Daar’s verskeie uitdagings met landbouproduksie in Afrika – kenner
Die landbou-kenner dr. Theo de Jager het gereageer op die jongste berigte dat landbouproduksie in Afrika daal. Die vasteland se aandeel in die wêreldhandel in landbouprodukte van 10 persent in 1960 tot 2 persent vandag afgeneem. Sy landbouhandelsbalans, wat tot 1980 gebalanseerd was, het verswak as gevolg van voedselinvoere van veral rys, olie en koring. Produksie op die vasteland bly laag weens ‘n gebrek aan organiese en minerale insette. De Jager sê daar is verskeie uitdagings.