Twee adjunke vir Zim-president
Die Zimbabwiese president, Emmerson Mnangagwa, het twee vise-presidente in sy nuwe kabinet aangestel. Een van hulle is die voormalige vise-president, Kembo Mohadi, wat bedank het weens seksuele bewerings. Die ander vise-president is die voormalige militêre hoof, Constantino Chiwenga, wat ‘n deurslaggewende rol gespeel het om wyle oud-president Robert Mugabe uit die amp te verwyder. Politieke ontleders glo die aanstellings dui op die weermag se invloed in Zimbabwe se politiek. Dit volg terwyl die land met ekonomiese uitdagings te kampe het.