Afrika-unie is volwaardige lid van G20

Die Afrika-unie is ‘n permanente lid van die G20 gemaak. Die groep, wat tans in Indië bymekaar is, het Saterdag, soos verwag die Afrika-unie genooi om aan te sluit. Die liggaam van 55 lidlande, het nou dieselfde status as die Europese Unie – die enigste streeksblok met ‘n volle lidmaatskap. Die Indiese premier, Narendra Modi, sê die AU se lidmaatskap versterk die groepering en bied aan die sogenaamde globale suide, ‘n sterker stem op ‘n internasionale platform.