SA Toerisme ontken R33m kontrak met Trevor Naoh

Suid-Afrikaanse Toerisme benadruk dat hy nie enige finansiële bydrae lewer tot die moontlike samewerking met die komediant, Trevor Noah, wat daarop gemik is om Suid-Afrika as ‘n wéreldwye toeristebestemming te bevorder nie. Dit volg op berigte van ‘n moontlikheid van ʼn transaksie van 33 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir bemarking. Die Toerisme-sakeraad van Suid-Afrika befonds die samewerking met Noah en ander persoonlikhede om Suid-Afrika se teenwoordigheid op internasionale markte ‘n hupstoot te gee. Die betrokke veldtog word deur die private toerismesektor deur die raad aangevoer.