Ramaphosa, Tinumbu woon G20 by
President Cyril Ramaphosa en sy Nigeriese eweknie, Bola Tinumbu, sal vanjaar se G20-beraad in Nieu-Delhi, Indië, bywoon, met wêreldleiers wat moontlik die naweek ‘n setel vir die Afrika-unie sal skep. Suid-Afrika is die enigste Afrika-land wat deel is van die G20. Daar is ‘n druk vir Nigerië en die AU om by die groep ingesluit te word. Bloomberg berig bronne sê die G20 het ingestem om die AU permanente lidmaatskapstatus toe te ken, en sal die besluit hierdie naweek bekend maak. Maar, die AU het egter in ‘n verklaring gesê hy het nie ‘n direkte uitnodiging na die beraad ontvang nie.