Opuwo-vliegveld is kritieke infrastruktuur vir die streek
Die ministerie van werke en vervoer sê die omgewingsimpak-studie in verband met die ontwikkeling van ‘n vliegveld by Opuwo in die Kunene-streek is nie ‘n nuwe projek nie. Die vliegveld is omtrent 22 kilometer oos van die dorp en die sperdatum is 27 September. Julius Ngweda, skakelbeampte by die ministerie sê die projek moet nou afgehandel word omdat die vliegveld uiters belangrik is. Hy verduidelik.