Laerhof-karavane diens haastige bruide in Harare
Zimbabwiërs verkeer onder erge finansiële druk maar, hulle bly innoverend. Internasionale nuusagentskappe berig dat net buite die laerhof in Harare, is daar drie ou karavane geparkeer. Elk is omskep in ‘n trourok-winkel en skoonheidsalon. Trourokke kan bekostigbaar – wat baie belangrik is – gehuur word en bruide kan hul hare en grimering laat doen, inderhaas, voor hulle in die hof trou. Die karavane word deur ouer, enkel ma’s besit wat sê die trouery is nie werklik deurdag nie en talle bruide laat weet, somtyds in ‘n kwessie van ‘n maand, hulle skei, wanneer hulle terugkeer hof toe.