Twee Duitsers vas vir spioenasie vir Rusland

Twee Duitsers kan lewenslange tronkstraf opgelê nadat hulle van hoogverraad aangekla is weens beweerde spioenasie vir Rusland. Een van hulle, ‘n hooggeplaaste amptenaar in Duitsland se buitelandse intelligensiediens, word daarvan verdink dat hy bykans 8,3 miljoen Namibiese dollar ontvang het nadat hy inligting oor die oorlog in Oekraïne en die Wagner-huursoldaatgroep met Moskou gedeel het. Die ander een het na bewering as koerier opgetree. Die amptenaar het glo toesig gehou oor ‘n departement wat oorsese telefoon- en internetkommunikasie monitor. Die diens se hoof, Bruno Kahl, sê die materiaal wat deurgegee is, was meestal van beperkte waarde.