Cenored moet al sy meters opgradeer
Nes met Stad Windhoek, sal Cenored binnekort met sy sogenaamde Token Identifier-projek begin om voorafbetaalde elektrisiteitsmeters, op te gradeer. Kliënte in die Otjozondjupa-, Omaheke-, Kunene-, en Oshikoto-streke word geraak. Die opgradering is nodig omdat die vorige stelsel sy lewensvatbaarheid van 32 jaar bereik het. Die opgradering is gratis maar is tydsaam en die omskakeling moet teen 24 November volgende jaar afgehandel wees. Daarna sal geen verdere kragaankope gelaai kan word as die meter nie opgegradeer is nie. Stad Windhoek is tans besig met sy opgradering in fases wat spesifieke woonbuurte vir ‘n seker tydperk teiken.