Bates van onwettige goudmyn-baasbreine gevat
Die Nasionale Vervolgingsgesag se batebeslagleggingseenheid het drie bewaringsbevele van meer as 16 miljoen Suid-Afrikaanse rand by die Gautengse hoërhof in Pretoria gekry. Dit is om beslag te lê op bates van vermeende baasbreine agter onwettige mynbedrywighede. Verlede jaar het ‘n ondersoek deur die Valke gelei tot die inhegtenisneming van ses mense wat na bewering baasbreine in die onwettige mynbedryf is. ‘n Woordvoerder van die NVG, Lumka Mahanjana, sê hierdie bates sluit in 51 voertuie, eiendom wat aan 14 mense behoort en ‘n maatskappy in Khutsong en Carletonville: