Impakstudie vir Opuwo-vliegveld
Urban Green vra dat belanghebbendes registreer en kommentaar lewer oor sy omgewingsimpak-studie in verband met die ontwikkeling van ‘n vliegveld by Opuwo in die Kunene-streek. Die ministerie van werke en vervoer het die maatskappy aangestel om die studie uit te voer. Die vliegveld sal omtrent 22 kilometer oos van die dorp wees. Die sperdatum is op 27 September.